Witels Straat 1, Boskloof, Humansdorp, 6300
Pastoor: 076 966 1128
Marieta: 079 020 7574
Die visie van die gemeente is dat daar`n leerbare gees gevestig word, waarin elke lid en besoeker geestelik ontwikkel in die vryheid van Jesus Christus, en dat lede respek tot eer van God teenoor mekaar toon.
Bogenoemde visie word onderskryf deur die volgende missie:
Om ten alle tye net my beste vir my Allerhoogste te gee.
Om die gemeente te ondersteun deur middel van deelname aan geestelike programme.
Deur gereelde bywoning van aktiwiteite.
Deur maandelikse verpligtinge na te kom.
Deur betrokke te raak by welsyn in die gemeenskap.
Deur jouself voor te berei as bruid vir Jesus Christus.
Deur programme aan te bied om doelwitte te bereik.
Om ander hoër te ag as jouself en hulle te respekteer.
Deur jou geestelike gawes en talente te ontdek en aan te wend vir die gemeente.
Deur jou kinders te motiveer om hul verantwoordelikhede by kerkaktiwiete na te kom.